Wêreldbank en Wes-Kaap werk saam

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en die Wêreldbank se direkteur vir Suid-Afrika, Marie Francoise Marie-Nelly, het ‘n ooreenkoms van verstandhouding onderteken wat die bank se tegniese bystand vir die provinsie beskikbaar sal stel. Die doel is om die gehalte van dienste te verhoog, asook die ervaring van inwoners wanneer hulle met die provinsiale regering skakel. Winde sê die provinsie en die Wêreldbank sal op die uiters belangrike gebied van energie saamwerk om hernubare energie-vermoëns vir munisipaliteite verder te ontsluit: