Tanzanië wil rysproduksie verhoog

Volgens die Tanzaniese regering is hy gretig om die produksie van rys in gebiede met hoë opbrengspotensiaal te verhoog, om te voldoen aan die groeiende eise van die binnelandse en streeksmark. Op ‘n werksessie van die streek, wat deur die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie in Dar es Salaam aangebied is, het die woordvoerder van die lanbouministerie, Upendo Mndeme, gesê meer as 470 000 ton rys ter waarde van 6,3 Namibiese dollar is in 2021 na die streeksmark uitgevoer. Sy sê daar bestaan geleenthede om rysproduksie ’n hupstoot te gee deur beskikbare geskikte grond te gebruik.