Eskom stel weer Fase 3-beurtkrag in

Eskom het aangekondig dat Fase 3-beurtkrag weer vanmiddag en môre vanaf vier-uur tot vyf-uur ingestel is. Fase 2-beurtkrag sal dan vanaf môreoggend om vyf-uur tot vier-uur die middag ingestel word tot verdere kennisgewing. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê in ‘n verklaring ‘n vertraging met die herstel van opwekkingseenhede dra by tot die beperkte vermoë.