SA ekonomie groei met 1,6% in derde kwartaal

Die Suid-Afrikaanse ekonomie het in die derde kwartaal van hierdie jaar met 1,6 persent gegroei. Die grootte van die ekonomie was in hierdie kwartaal groter as voor die Covid-pandemie. Dit is goeie nuus aangesien die bruto binnelandse produk in die tweede kwartaal met 0,7 persent gekrimp het. Agt nywerhede het ‘n toename in ekonomiese bedrywighede aangeteken in die derde kwartaal. Die belangrikste positiewe bydraers tot hierdie groei was finansies, landbou, vervoer en vervaardiging. Uitvoer het in die derde kwartaal met 4,2 persent toegeneem.