Engelse rugbyspan dank Eddie Jones af

Die Engelse rugbyspan het Eddie Jones as sy afrigter afgedank. Die Engelse Rugby-unie het vanmiddag ‘n verklaring uitgereik waarin gesê word dat Jones se afdanking volg op ‘n hersiening van die span se vertonings in November. Engeland, wat vroeër vanjaar ook ‘n teleurstellende Sesnasies-reeks beleef het, het in November teen Argentinië en die Springbokke verloor en gelykop teen die All Blacks gespeel. Jones het Engeland se leisels aan die einde van 2015 oorgeneem en sy kontrak sou eers aan die einde van volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi in Frankryk verstryk het.