Stad Kaapstad vestig aandag op kompos-maak

Dit is hierdie week Internasionale Komposbewustheidsweek en die Stad Kaapstad gaan ʼn reeks gemeenskapsgeleenthede aanbied. Dit is daarop gemik om bewustheid te skep oor die kritieke kwessie van organiese afval in stortingsterreine. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê gegewe die kommerwekkende tempo waarteen organiese afval stortingsterreine vul en tot klimaatsverandering bydra, is dit noodsaaklik dat inwoners voorkomende maatreëls tref.