Vertroue in SA landbousektor neem af

Die vertroue in Suid-Afrika se landbousektor het afgeneem, ten spyte van ‘n positiewe bydrae in die derde kwartaal van 19,2 persent tot die bruto binnelandse produk. Die uitvoerende hoof van die voorsieningsketting van die Beefmaster-groep, Roelie van Reenen, sê die swakker Suid-Afrikaanse rand en die hoë mielieprys het tot die boere se voorspoed bygedra. Van Reenen maan boere ook om die komende jaar met omsigtigheid te benader, hoewel hulle steeds ‘n aansienlike wins kan maak. Andries D’Alebout van Dalevest gee sy voorspelling oor die mieliepryse.