Elon Musk as rykste man onttroon

Elon Musk wat eens 340 miljard Amerikaanse dollar werd was, is deur die Franse magnaat Bernard Arnault as die rykste persoon in die wêreld onttroon. Volgens Bloomberg se biljoenêrs-indeks het Musk se fortuin sedert Januarie met meer as 100 miljard dollar getuimel na minder 163,6 miljard dollar. Dit is minder as Arnault se netto waarde van 170,8 miljard dollar. Dis die eerste keer sedert September at Musk nie boaan die ranglys is nie, maar met tweede beste plek tevrede moet wees.