Knuffel ‘n koei-tendens bedreig

’n Uurlange sessie van drukkies kan vir ’n baal hooi betaal, maar amptenare waarsku teen die praktyk ná ’n uitbreking onder melkkuddes in nege Amerikaanse state.

Die sosiale media-tendens behels dat besoekers betaal om beeste te knuffel of vas te hou en drukkies te gee – terwyl hulle ook kleinboere help om voerrekeninge te dek. Vir besoekers is dit terapeuties. Wetenskaplikes meen voëlgriep kan eintlik meer wydverspreid wees oor die land se 26 000 gelisensieerde melkplase. In Texas het ‘n suiwelwerker positief getoets vir die virus, maar die risiko van menslike infeksie bly laag, volgens regeringsamptenare. Dieselfde amptenare doen ‘n beroep op bees- en melkboere om besoekers van buite te beperk.