Lionel Messie speel Sondag sy laaste wedstryd

Sokker: Lionel Messi het bevestig hy speel Sondag in sy laaste Wêreldbeker-wedstryd wanneer Argentinië teen Frankryk of Marokko te staan kom. Die 35-jarige voorspeler het Dinsdagaand sy vyfde doel by Katar 2022 aangeteken en was deel van die beweging met die ander twee doele in gisteraand se oorwinning van drie-nul oor Kroasië in die halfeindronde. Hy speel die naweek die 172-ste keer vir sy land en sal sy deel doen om sy land se eerste Wêreldbeker-titel sedert 1986 te help wen.