Opgegradeerde kanaalprojek in Noorde geopen

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het vandag die opgegradeerde Omahenene-Olushandja-kanaal in die Omusati-streek ingehuldig. Hy sê die meerderheid van Namibiërs in die vier noordelike streke van Omusati, Oshana, Ohangwena en Oshikoto word deur hierdie kanaal vanaf die Kunenerivier by die Calueque-dam in Suid-Angola van vars water voorsien. Die kanaal van 150 kilometer lank, is ‘n bron van water vir kleinskaalse boere vir hul vee en gewasse.