Drie vroue in Durban vas oor vervalste Sassa-kaarte

In die buurland sal drie vroue tussen 24 en 39 jaar oud in die Durbanse landdroshof verskyn nadat hulle met vermoedelik vervalste kaarte van die maatskaplike sekerheidsagentskap, Sassa, in hul besit betrap is. ‘n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê die verdagtes is opgemerk terwyl hulle geld by ‘n kitsbank in die Mangrove-sentrum by Durban se Noord-strand […]

Read More

Biden wil herdenkingseremonie oor aanval op Kongresgebou hou

Amerikaanse President Joe Biden is van plan om ‘n seremonie by die Withuis te hou om die aanval op die Kongresgebou in Washington twee jaar gelede te herdenk. Biden het die opstand op 6 Januarie 2021 as ‘n bedreiging vir die demokrasie beskryf, maar hy spreek hom selde in die openbaar uit oor die optrede […]

Read More

Namibiese ekoloog beskryf gevaar van swaelstorting

‘n Namibiese ekoloog het sy reaksie gegee oor die vragmotor wat swael gestort het op die Hifikepunye Pohamba-pad agter Duin 7 naby Walvisbaai. Kosmos 94.1 nuus het aan dr. Peter Cunningham gevra hoe gevaarlik gevaarlik swael vir mense en die omgewing is… Dr. Cunningham sê hoe die opruimingsproses van ‘n swaelstorting hanteer moet word.

Read More

Regskenner glo Zuma kan Ramaphosa voor die hof bring

’n Regskenner glo Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma sal uiteindelik daarin slaag om sy opvolger, Cyril Ramaphosa, voor die hof te bring. Die twee politici is in ‘n stryd gewikkel oor Zuma se private vervolging van Ramaphosa. Hy beskuldig hom daarvan dat hy versuim het om na behore op tree teen bewerings van onbehoorlike gedrag teen […]

Read More

Toename in inisiasie-sterftes in Oos-Kaap

Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor die toename in sterftes in die Oos-Kaap tydens die inisiasie-tydperk. Na wat berig word het 20 inisiasie-deelnemers reeds in die provinsie gesterf weens onwettige inlywings-praktyke. Die president van Contralesa, Kgoshi Mokoena, sê die regering en ouers moet hul rol speel om sulke sterftes te […]

Read More

Agt Argentynse rugbyspelers kan lewenslank tronk toe

Rugby: Agt spelers van ‘n provinsiale klub in Argentinië kan lewenslange tronkstraf opgelê word nadat hulle na bewering drie jaar gelede ‘n tiener by ‘n nagklub vermoor het. Die spelers van tussen 21 en 23 jaar oud se verhoor het dié week in Dolores begin. Hulle is in hegtenis geneem kort nadat die 18-jarige Fernando […]

Read More

Bende voer straatrooftogte in Jozi uit 

Die polisie in Gauteng polisie vra slagoffers om na vore te kom nadat die bende wat vermoedelik verantwoordelik is vir straatrooftogte in Hillbrow en Johannesburg se middestad in hegtenis geneem is. Verskeie video’s op sosiale media het gewys hoe die bende van sowat vier of vyf mans slagoffers aanval en van hul besittings beroof. Die […]

Read More

Tsumeb wag nog steeds op toetsuitslae van hul water

Tsumeb-munisipaliteit se uitslae van hul watertoetse is nog nie beskikbaar nie. Inwoners word steeds aangemoedig om hul water te kook voor gebruik totdat die toetsuitslae oor die kwaliteit van die water beskikbaar is. Dit volg ná Dundee Precious Metals in Desember ’n waarskuwing uitgereik het dat die dorp se water ongeskik is vir menslike gebruik […]

Read More

Vliegtuigwrak van vlieënier en fotograaf uit meer die Bassmeer gelig

Die Suid-Afrikaanse burgerlugvaart-owerheid in sal na verwagting binne ‘n maand ‘n voorlopige verslag vrystel oor die oorsaak van die noodlottige vliegongeluk in Gauteng wat twee lewens geëis het. Die vlieënier, Sean Russell, en die fotograaf, Dane Fourie, is dood toe die vliegtuig in die Bassmeer in die suide van die provinsie neergestort het. Die 47-jarige […]

Read More

Laaste oorlewende lid van Apollo 7 sterf

Die laaste oorlewende lid van Nasa se eerste ruimtesending wat regstreeks gebeeldsend is, is op die ouderdom van 90 oorlede. Die Amerikaanse ruimtevaarders Walter Cunningham, Walter Schirra en  Donn Eisele het in 1968 ‘n sending van elf dae in Apollo 7 voltooi om die moontlikheid te ondersoek om in die ruimte te land en rond […]

Read More