Namibië voer 47,8% van krag in Oktober van Zambië in 

Sommige lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap staar kragprobleme in die gesig, omdat hul interne kragopwekkingvermoëns nie aan die plaaslike vraag voldoen nie. Gevolglik sal hulle meeding om oortollige krag in die streek te bekom omdat sommige buurlande met kragopwekking sukkel. Zimbabwe het by Suid-Afrika aangesluit om elektrisiteit deur beurtkrag te rantsoeneer. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap is die meeste van Namibië se krag, 47,8 persent, teen Oktober van Zesco in Zambië verkry, gevolg deur Eskom-agentskappe in Suid-Afrika. Ted Blom, ‘n Suid-Afrikaanse energieknner sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die SAOG-streek die krag-uitdaging moet hanteer.