Makwana sal dalk as Eskom-hoof waarneem

Die vakbond, Solidariteit het bevestig dat André de Ruyter as die uitvoerende hoof van Eskom bedank het. Dit kom op ʼn tydstip dat Suid-Afrika die ergste beurtkrag ervaar. De Ruyter was in die onlangse verlede die teiken van verskeie politieke aanvalle. Volgens Solidariteit het De Ruyter die voorsitter van Eskom, Mpho Makwana vroeër vandeesweek oor sy besluit ingelig. Die bedryfshoof van Eskom, Jan Oberholzer tree in April aanstaande jaar af. Daar word vermoed Makwana sal as uitvoerende hoof waarneem, dieselfde pos wat hy in 2009 beklee het toe Jacob Maroga die beleёrde kragmaatskappy verlaat het.