Spoedige ondersoek oor massamoord versoek

Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen, het ‘n beroep gedoen op die spoedige ondersoeke oor die massamoord op drie mense in Nooitgedacht, Bishop Lavis vandag. Allen sê die polisie moet nog die motief vir die moorde op twee vroue, van 46- en 54-jaar oud, sowel as ‘n 13-jarige seun bepaal.