Tuks skitter in radiosterrekunde-navorsing

Die Universiteit van Pretoria sê sy wetenskaplikes wat betrokke is by die SKA-radio-teleskoopprojek is gereed vir ‘n reuse-hupstoot in hulle navorsingspogings. Dit is die gevolg van hoogs moderne tegnologie wat tydens ‘n nuwe wêreldveldtog in radiosterrekunde ontwikkel is. Die doel is om die wêreld se voorste navorsingsinfrastruktuur in radiosterrekunde te bevorder en sal in Maart begin. Die Tuks-dosent, Jack Radcliffe, sê die Europese Kommissie het 183,4 miljoen Suid-Afrikaanse rand beskikbaar gestel om wat beskryf word as gewone boustene te ontwikkel vir tegniese oplossings wat ‘n wye omvang van nuwe wetenskap sal ondersteun.