2,36 miljoen kubiek die week uit Hardap gepomp

Daar is 2,36 miljoen kubieke meter water uit Hardapdam in die afgelope week gepomp. Volgens NamWater se jongste dam bulletin staan die dam tans op 69,4 persent. In die suide is waterbronne tans op 92,6 persent met Naute by Keetmanshoop wat 103,1 persent water het en Neckartal was steeds op 100,4 persent gemeet word. In […]

Read More

Moet ons nie probeer intimideer nie – Zondo

Die Voorsitter van die staatskapingskommissie, Regter Raymond Zondo, het ‘n ernstige waarskuwing uitgereik dat die kommissie deur niemand geïntimideer sal word nie. Dit volg nadat ‘n inbraak by die kommissie se kantore in Parktown, Johannesburg die naweek aangemeld is. Die inbraak volg slegs ‘n week nadat daar glo op die kommissie se biblioteek geskiet is. […]

Read More

Shikongo het met die boere gesels

‘n Polisie afvaardiging het oor die naweek boere van in die Omitara gebied ontmoet om te gesels oor uitdagings met misdaad, veral veediefstal. Die afvaardiging is gelei die Generaal-Majoor Joseph Shikongo, die Hoof van Nampol se Operasies. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…

Read More

Kapenaars vat hande

Kaapstad se inwoners staan bankvas agter die stad se brandbestryders en humanitêre pogings om hulp te verleen ná die verwoestende brand wat gisteroggend op Tafelberg uitgebreek het. Honderde brandbestryders sukkel om die brand onder beheer te bring terwyl ‘n sterk suidooster pogings belemmer en veroorsaak het dat alle hulp uit die lug uit opgeskort moes […]

Read More

Patrollies op buurland se grense sal verskerp

Die Suid-Afrikaanse Departement van Gemeenskapsveiligheid en Skakeling in Mpumalanga sê die polisie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal sy patrollies by die grense met eSwatini en Mosambiek verskerp om die aantal mense wat die land onwettig binnekom, te beperk. Die Woordvoerder, Moeti Mmusi, sê sedert die Paasvakansie het hulle 350 mense in hegtenis geneem wat […]

Read More

2021 toerisme syfers is swak, maar geen verrassing

Die Namibiese Gasvryheidsvereniging het besoekersyfers vir die eerste kwartaal van die jaar bekend gemaak. Besetting is op net onder 20 persent gemeet teenoor 33 persent in dieselfde tydperk verlede jaar en 40 persent in 2019. Volgens Gitta Paetzold, Hoof Uitvoerende Beampte van die vereniging is bemarking nou kritiek…

Read More

Pfizer entstof minder effektief teen SA-variant

Nuusagentskappe berig dat die Suid-Afrikaanse variant van Covid deur die beskerming wat die Pfizer-entstof teen die virus bied, kan breek. ‘n Studie is in Israel uitgevoer op 400 pasiënte wat Covid opgedoen het na hulle ingeënt is met die Pfizer entstof. Intussen het Britse wetenskaplike die week ‘n nuwe proef van stapel gestuur waar pasiënte […]

Read More

Vermeende stroper wie se makker doodgetrap is, sal in hof verskyn

‘n Man van 52 sal vandag in die Bushbuckridge Landdroshof in Mpumalanga verskyn op klagte dat hy die Krugerwildtuin onwettig betree het. Hy was saam met ‘n groep vermeende stropers wat gevlug het toe veldwagters wat op ‘n roetine-patrollie was op hulle afgekom het. Hulle het binne ‘n groep olifante ingehardloop en een man is […]

Read More

Haihambo se afsterwe los leemte in onderwys

Die President van die Namibiese Nasionale Onderwysers Unie, Nantu, Thomas Haihambo is oorlede. Die Sekretaris-Generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers Job Muniaro sê hy was ‘n vakbondleier wat werklik omgegee het vir onderwys.

Read More

Noa sal in Mei aansoek doen om borg

Die borgverhoor van Dennis Noa, die leerlingdokter wat op klagte van sodomie in hegtenis geneem is, sal op 14 Mei in die Katutura Landdroshof aangehoor word. Luidens die jongste berigte is daar nuwe verwikkelinge in die saak en die Staat het aangedui dat ‘n ondersoek eers voltooi moet word. Noa se regsverteenwoordigers stem saam. Indien […]

Read More