Sinner se deelname aan Franse Ope nie seker

Tennis: Die wêreld se nommer twee-speler Jannik Sinner se deelname aan die Franse Ope word betwyfel nadat hy aan die Italiaanse Ope in sy tuisland moes onttrek. ‘n Heupbesering het hom verlede week gedwing om aan die Madrid-ope te onttrek. Nadat hy uitgevind het hoe ernstig die besering is, het Sinner gesê hy sal net by Roland Garros speel as hy heeltemal herstel het wanneer die kleibaan Grand Slam op die 26ste begin. Hy erken die misloop van die toernooi in Rome het sy voorbereidings vir die Franse Open gekniehalter.