Nkosazana Dlamini-Zuma sê sy bly lojaal aan ANC

‘n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Nkosazana Dlamini-Zuma, sê vryheid van spraak het haar toegelaat om haar standpunt in te neem oor die Artikel 89-verslag. Parlementslede het Dinsdag gestem oor die vraag of President Cyril Ramaphosa verder ondersoek moet word oor Phala Phala. ‘n Meerderheid het teen die komitee se aanbeveling gestem dat die parlement die moontlikheid om Ramaphosa te verwyder, moet ondersoek. Vier lede van die ANC, insluitend Dlamini-Zuma, het vir die aanvaarding van die onafhanklike paneel se verslag gestem. Dlamini-Zuma sê dit verander nie haar lojaliteit aan die ANC nie.