Israel waarsku dele van Rafah om te ontruim

Die Israelse Weermag het Palestyne in die oostelike dele van Rafah gewaarsku om na nabygeleë humanitêre gebiede te verskuif, wat moontlik dui op voorbereidings vir ‘n grondaanval. Sowat 100-duisend mense word geraak. Volgens berigte is minstens 29 mense gisteraand in Israelse aanvalle in Gaza dood. Israel se minister van Verdediging, Yoav Gallant, sê Hamas se weiering om in te stem tot onderhandelings oor gyselaars se vrylating, het tot militêre optrede in Rafah gelei. Die Verenigde Nasies waarsku ʼn grondaanval sal nog lyding en sterftes onder ontwortelde Palestyne veroorsaak.