Krieketrade in Engeland en Wallis stel reguleerder aan

Engeland en Wallis se Krieketraad sê hy gaan ʼn onafhanklike reguleerder aanstel om kwessies soos diskriminasie, korrupsie, dwelms, wangedrag en veiligheid te hanteer. Die onafhanklike kommissie vir gelykheid in krieket het in Junie aangekondig daar is wydverspreide en diepliggende rassisme, seksisme, elitisme en klassisme in die sport in Engeland en Wallis. Richard Thompson van die […]

Read More

Regering se kommunikasie-strategie het inligtingsoordrag getransformeer

Die inligtingsminister, Peya Mushelenga, sê dat die ontwikkeling en implementering van die regering se nuwe kommunikasie-strategie die oordrag van inligting getransformeer het. Die regering kom gereeld onder skoot vir sy versuim om tydsaam te kommunikeer. Mushelenga sê die strategie maak voorsiening vir ‘n duidelike en bondige padkaart vir alle kommunikasie-aktiwiteite binne die regering. Shoki Kandjimi, […]

Read More

Rooiwal-versuiweringstender sal ondersoek word – Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het ‘n proklamasie onderteken waarvolgens die buurland se Spesiale Ondersoekeenheid gemagtig word om ondersoek in te stel na die tender van 290 miljoen Suid-Afrikaanse rand, wat toegeken is vir die opknapping van die Rooiwal-afvalwatersuiweringsaanleg in Tshwane. Die multimiljoen rand-tender word met die omstrede sakeman Edwin Sodi verbind. Die eenheid se woordvoerder, Kaizer […]

Read More

EU hou sy oog op Nagorno Karabakh

Die Europese Unie is gevra om ernstig op te tree indien Armeniërs in Nagorno Karabakh gewelddadig uit hul huise verwyder word. Meer as 6 000 mense het tot dusver die grens na Armenië oorgesteek vanuit Nagorno-Karabach, wat die tuiste van sowat 120 000 etniese Armeniërs is. Minstens 200 mense is verlede week dood in ‘n […]

Read More

Muurbal: So lyk sake na dag een

Die Visions Consulting Squash-toetsreeks het Maandag by Wanderer’s Muurbalklub in Windhoek begin en kom môre tot ‘n einde. Spanne van Namibië, Suid-Afrika en Zambië gaan deelneem asook ‘n Barbarians span, na Zimbabwe onttrek het. Na dag een is Namibië en Suid-Afrika gelykop in die mansafdeling met 19 punte elk terwyl die Barbarians op 5 punte staan […]

Read More

Ontwikkelaars onder die loep in buurland

Die Nasionale Huisbouersregistrasieraad in Suid-Afrika ondervind ‘n skerp toename in klagtes deur huiseienaars. Huiseienaars kla oor kwessies soos lekplekke en strukturele foute. Die raad verduidelik  hy het nie oorsig oor ontwikkelaars wat nie by hulle geregistreer is nie, en beklemtoon die belangrikheid van hierdie tipe registrasie in belang van verbruikersbeskerming.  Ntombi Mtshali van die raad raai huiseienaars aan om slegs […]

Read More

Kommer of landbou nog ‘n droogte sal oorleef

Daar is kommer oor die plaaslike landbou-sektor wat weer ‘n droogte in die gesig staar. Die sektor het nog nie heeltemal herstel van die droogte wat hom tussen 2013 en 2019 lamgelê het nie. Veebemarking het in 2020 en 2021 skerp gedaal wat uitvoere geraak het en op sy beurt, druk op pryse geplaas het. In 2022 het die […]

Read More

Madiba se kleindogter sterf na stryd teen kanker

Nelson Mandela se kleindogter Zoleka is op 43 ná ʼn stryd teen kanker dood. Die familie sê sy is verlede Maandag in die hospitaal opgeneem vir voortgaande behandeling teen kanker-uitsaaiings in haar heup, lewer, longe, pelvis, brein en ruggraat. Hulle sê onlangse skanderings het aansienlike vordering van die siekte getoon asook fibrose in die longe en talle […]

Read More

As Kongres nie wapens wil beheer nie, stem hulle uit

Amerikaanse president Joe Biden het weer gepraat oor massaskietvoorvalle in die VSA en sê daar is vanjaar 500 voorvalle aangemeld. Die Demokrate wil wetgewing vir wapen-eienaarskap daarstel terwyl Republikeine hard daarteen skop. Biden sê as die Kongres nie die uitdaging wil aanspreek nie, is dit tyd om nuwe lede te verkies. 

Read More

Pollard is nie ‘n superheld nie

Suid-Afrika se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, het bevestig dat Handrè Pollard Sondag in die Springbokke se laaste Groep B-Wêreldbekerwedstryd teen Tonga sal speel, maar waarsku dat perspektief nodig is. Die losskakel het nog net 30 minute vir Leicester Tigers gespeel. sedert hy sy kuitspier in Mei beseer het. Pollard, wat aanvanklik nie deel was van die Springbokke se oorspronklike […]

Read More