Wanaheda-polisiestasie kry kindervriendelike hoekie

Die Wanaheda-polisiestasie is die eerste polisiestasie wat ‘n kindervriendelike hoekie gekry het. Soos die spreekwoord sê, niemand is bo die wet verhewe nie, en ‘n ma kan ook gearresteer word. Dit is een van die redes waarom die Wanaheda-polisiestasie ‘n kindervriendelike hoekie gekry het. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van Namibiese polisie het met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

WGO se direkteur-generaal gaan Geingob besoek

Die Wêreld-gesondheidsorganisasie se direkteur-generaal Tedros Adhanom Ghebreyesus gaan môreoggend om tien-uur ‘n hoflikheidsbesoek aan President Hage Geingob by staatshuis doen. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie Ben Nangombe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die belangrikheid van die hooggeplaaste se besoek…

Read More

Namibië voer meer vleis in Julie uit

Volgens die Vleisraad van Namibië is gedurende Julie ‘n totaal van 2,152 ton vleis en vleisprodukte uitgevoer is, terwyl 500 kilogram vleis en vleisprodukte ingevoer is. Die Vleisraad het in sy jongste maandelikse verslag wat vandag vrygestel is, berig dat die handelsbalans van vleis en vleisprodukte met 1,652 ton vir Julie verbeter het. Die verslag […]

Read More

Facebook-verkragter het glo sy minnares teen haar wil uit SA geneem

Die Facebook-verkragter en moordenaar, Thabo Bester, se minnares beweer hy het haar teen haar wil uit die land geneem. Nandipha Magudumana doen aansoek om borgtog in die landdroshof in Bloemfontein. Die paartjie is in Maart in Tanzanië in hegtenis geneem nadat sy Bester verlede jaar na bewering gehelp het om uit die tronk te ontsnap. […]

Read More

Indië wil sonstudie-sending doen

Indië gaan ‘n nuwe ruimtesending aandurf wat daarop gefokus is om die son te bestudeer en om voort te bou op sy onlangse prestasie toe hy ‘n ruimtetuig op die maan se suidpool laat land het. Die geskiedkundige maanlanding beteken Indië is eerste om hierdie prestasie te behaal. Die verwagte bekendstellingsdatum vir die sonstudie-sending is […]

Read More

AfriForum sê egpaar wreed op plaas aangeval

Die burgerregtegroep AfriForum het bevestig ‘n egpaar van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is wreed aangerand op hul plaas terwyl hul aanvallers geskree het, “Kill the Boer, kill the Farmer”. AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê vier aanvallers het toegang tot Tim en Amanda Platt se plaashuis verkry en die egpaar aangerand. Broodryk sê AfriForum […]

Read More

TransNamib wil N$2,1 miljard leen vir nuwe lokomotiewe

Volgens TransNamib se uitvoerende hoof vir ingenieurswese en tegniese dienste, Bertus Eksteen, is die maatskappy in die proses om ‘n lening van 2,1 miljard Namibiese dollar van die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika te verkry om nuwe lokomotiewe aan te koop. Dit het ten doel om toekomstige volume-verwagtinge te behaal en weer finansieel lewensvatbaar te word. Eksteen […]

Read More

Stampriet-landbouskou in volle swang

Die Stampriet-landbouskou is in volle swang. Burger Harmse, die voorsitter van die Stampriet-boerevereniging sê die skou en die veiling van kleinvee het gegroei tot een van die grootste in Suider-Afrika. Tussen die gradering van diere is daar baie meer te sien wat veral vir die boeregemeenskap van belang is – van jag- en boerdery-toerusting tot […]

Read More

DA beskuldig Gwede van ekonomiese sabotasie

Die DA beskuldig die Suid-Afrikaanse minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe, van ekonomiese sabotasie deur doelbewus die indiening van die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering te vertraag. Die party beplan om die parlement se portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne en energie te versoek om Mantashe se optrede te veroordeel. Kevin Mileham van die DA sê die […]

Read More

Rugby: Oud-All Black sê Kiwi’s is steeds beter as Bokke

Rugby: Die oud-All Black, Jeff Wilson, sê Nieu-Seeland is steeds beter as die Springbokke, ondanks die loesing van 35-7 wat die Bokke hulle Vrydag op Twickenham toegedien het. Hy meen dit was die beste waartoe Suid-Afrika in staat is, terwyl sy land baie beter kan speel. Wilson het tussen 1993 en 2005, 60 toetse vir […]

Read More