Kommer of landbou nog ‘n droogte sal oorleef

Daar is kommer oor die plaaslike landbou-sektor wat weer ‘n droogte in die gesig staar. Die sektor het nog nie heeltemal herstel van die droogte wat hom tussen 2013 en 2019 lamgelê het nie. Veebemarking het in 2020 en 2021 skerp gedaal wat uitvoere geraak het en op sy beurt, druk op pryse geplaas het. In 2022 het die sektor beter vertoon maar die oorlog in Oos-Europa het druk op kommoditeite geplaas wat die veesektor negatief geraak het. Die grootste uitdaging tans is die brandstofprys wat produksiekostes opstoot.