Madiba se kleindogter sterf na stryd teen kanker

Nelson Mandela se kleindogter Zoleka is op 43 ná ʼn stryd teen kanker dood. Die familie sê sy is verlede Maandag in die hospitaal opgeneem vir voortgaande behandeling teen kanker-uitsaaiings in haar heup, lewer, longe, pelvis, brein en ruggraat. Hulle sê onlangse skanderings het aansienlike vordering van die siekte getoon asook fibrose in die longe en talle embolusse. Die familie sê sy is Maandagaand dood en was omring deur vriende en familie. Mandela het haar derde reis met kanker op Instagram vasgelê.