Regering se kommunikasie-strategie het inligtingsoordrag getransformeer

Die inligtingsminister, Peya Mushelenga, sê dat die ontwikkeling en implementering van die regering se nuwe kommunikasie-strategie die oordrag van inligting getransformeer het. Die regering kom gereeld onder skoot vir sy versuim om tydsaam te kommunikeer. Mushelenga sê die strategie maak voorsiening vir ‘n duidelike en bondige padkaart vir alle kommunikasie-aktiwiteite binne die regering. Shoki Kandjimi, woordvoerder van die inligting-ministerie, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.