As Kongres nie wapens wil beheer nie, stem hulle uit

Amerikaanse president Joe Biden het weer gepraat oor massaskietvoorvalle in die VSA en sê daar is vanjaar 500 voorvalle aangemeld. Die Demokrate wil wetgewing vir wapen-eienaarskap daarstel terwyl Republikeine hard daarteen skop. Biden sê as die Kongres nie die uitdaging wil aanspreek nie, is dit tyd om nuwe lede te verkies.