EU hou sy oog op Nagorno Karabakh

Die Europese Unie is gevra om ernstig op te tree indien Armeniërs in Nagorno Karabakh gewelddadig uit hul huise verwyder word. Meer as 6 000 mense het tot dusver die grens na Armenië oorgesteek vanuit Nagorno-Karabach, wat die tuiste van sowat 120 000 etniese Armeniërs is. Minstens 200 mense is verlede week dood in ‘n bloedige aanval deur Azerbeidjan, voordat amptenare in Nagorno Karabakh ingestem tot ‘n wapenstilstand wat deur Rusland beding is. Azerbeidjan het ‘n geruime tyd reeds ‘n duidelike keuse vir Armeniërs in die streek gegee – die wat wil  bly, moet Azerbeidjanse burgerskap aanvaar en die wat nie wil nie, moet vertrek.