Britte moenie kommer hê oor Franse weeluise nie, hulle het hul eie

Die Franse weeluise bly in die nuus. Parys sukkel op die oomblik met ‘n uitbreking en daar is kommer oor volgende jaar se Spele. Oorkant die Kanaal, is Britte blykbaar bekommerd dat die Eurostar-treindiens die plaag na hulle toe kan oorbring. Maar, die Britse molekulêre bioloog David Cain sê Londen het ook ‘n weeluisprobleem en […]

Read More

Dippenaar-dagvaardiging kry momentum

Die saak waar Jandre Dippenaar deur Antonia Joschko, die enigste oorlewende in haar familie na die gru-ongeluk op 29 Desember 2014 gedagvaar word vir skadevergoeding van 715 000 euro en 500 000 Namibiese dollar, kom vandag voor vir saakbestuur voor regter Shafimana Ueitele. Ses mense is dood, insluitend haar ouers en haar suster. Na talle […]

Read More

Kenner sê oor Makwana van Eskom se bedanking

Die bedanking van die Eskom-raadsvoorsitter, Mpho Makwana, ontbloot die interne woelinge by die kragnutsmaatskappy en die leierskapsuitdagings wat die organisasie in die gesig staar. Makwana verlaat die sukkelende kragreus aan die einde van die maand en word deur Mteto Nyati vervang. Die energiekenner Chris Yelland sê hooggeplaaste bronne het aan hom gesê daar is toenemende […]

Read More

‘Wat Hamas doen is nie weerstand nie’

Libanon se Shia-beweging Hezbollah, wat gedeeltelik verantwoordelikheid aanvaar het vir Saterdag se aanval op Israel en tradisioneel deur Iran befonds word, het ‘n waarskuwing aan die VSA gerig. Hy sê Palestina is nie die Oekraïne nie en sou die VSA direk inmeng in die konflik, sal al sy persele in die Midde-Ooste teikens van die […]

Read More

Billie Eilish kry haar eie strokiesprent-boek

Sy is net 21, maar Billie Eilish het reeds ‘n strokiesprent-boek wat oor haar lewe gepubliseer is. Dit vertel die storie van haar reis as jong danser tot Oscar-bekroonde liedjieskrywer. Die uitgewer TidalWave Comics het die Amerikaanse popster by sy Female Force-reeks bygevoeg wat prominente en invloedryke skrywers, sakebestuurders, vermaaklikheidspersoonlikhede, joernaliste, politici en aktiviste vier. […]

Read More

Zambezi-korrupsie: Nog twee verskyn vandag

Die Namibiese polisie sê nog net drie van die vier Zambezi-streeksleiers het hul borg van 50 000 Namibiese dollar betaal op Katima Mulilo. Die vier het verskyn in verband met die verduistering van 4 miljoen dollar wat geoormerk was vir die ontwikkeling van die Kongola-nedersetting. Intussen is daar nog twee beskuldigdes in die saak gearresteer […]

Read More

DA sê BTW-verhoging vir begrotingsgapings is verkeerd

Die DA is gekant teen enige potensiële BTW-verhoging in die buurland. Dié standpunt volg op bespiegelings dat die minister van finansies, Enoch Godongwana, dit oorweeg om BTW te verhoog om inkomstetekorte weens laer as verwagte ekonomiese groei aan te vul. ‘n DA-lid, Dion George, sê staatsdepartemente is besig om hul begrotings vinnig uit te put, […]

Read More

Midde-Ooste: VSA sal nie troepe stuur nie maar sal sy belange beskerm

Die Withuis het bevestig dat Amerika reeds begin het om militêre toerusting aan Israel te lewer. Elf Amerikaners is dood en van talle kan nie rekenskap gegee word nie terwyl gevegte tussen Israel en die Hamas-groep voortgaan. Die Nasionale Veiligheidsraad se woordvoerder, John Kirby, sê die Amerikaanse regering het geen voorneme om soldate na Israel […]

Read More

Faf sê Dupont se terugkeer sal nie hulle spelplan verander nie

Die Springbok-skrumskakel Faf de Klerk sê om in die kwarteindronde van die Wêreldbekertoernooi teen die gasheerland, Frankryk, te speel, is enorm.  Frankryk het sy kaptein, Antoine Dupont, terug vir die kragmeting Sondagaand nadat hy in hul groepwedstryd teen Namibië beseer is. De Klerk sê Dupont is ‘n briljante speler en gee sy span baie selfvertroue, […]

Read More

Water-kwessies moet in Gauteng aangespreek

WaterCAN, ‘n projek van die Organisasie teen Belastingmisbruik in Suid-Afrika doen ‘n beroep op die regering om beslissend op te tree en die waterlekkasies in Gauteng te pak. Die uitvoerende bestuurder van WaterCAN, Ferrial Adams, sê die versuim om iets aan die krisis te doen het verwoestende gevolge, wat miljoene Suid-Afrikaners raak. Adams sê die organisasie het gevra vir dringende vergaderings […]

Read More