Plaaslike belastinglas uiters hoog

Namibië het ‘n baie hoë belastinglas en volgens die jongste Heritage-stigting se verslag vir ekonomiese vryheid, het die belastinglading op landsburgers hoof ingekom op 72. Terwyl belastingkoerse plaaslik hoog is, is daar ook baie min belastingbetalers relatief tot die informele ekonomie wat verdere druk toepas. Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.  

Read More

Strafregstelsel moet meer doeltreffend wees

Die prokureur-generaal sê die toename in die aantal misdade wat oor die afgelope twee jaar aangeteken is, vereis die behoefte om doeltreffendheid in die vervolging van misdaad te verbeter. Festus Mbandeka sê daar is ‘n toename van 7 persent meer sake wat tussen 2021 en 2022 aangemeld is. Hy voeg by dat die kantoor van die aanklaer-generaal […]

Read More

Gaping in beroepsopleiding

Namibië se openbare onderwyssektor het ‘n groot gaping tussen verskaffers van beroepsopleiding en universiteite. ‘n Verslag wat deur die Duitse agentskap vir internasionale samewerking befonds is oor Namibië se vaardigheidsbehoeftes het bevind die gaping is as gevolg van die gebrek aan dekking van tegniese en beroepsopleiding. Kosmos 94.1 Nuus het met Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese werkgewersvereniging, hieroor gesels.  […]

Read More

Biden sluit aan by stakende werkers in Detroit

Dit is vandag die 12de dag van die United Auto Workers-staking in die VSA. Amerikaanse media berig dat president Joe Biden, wat hom tradisioneel skaar by werkers en hul regte, by die stakende werkers sal aansluit in Detroit. Die Withuis se woordvoerder Karine Jean-Pierre sê dit is nie dat Biden enigsins kant kies nie. Maar, […]

Read More

Menzies se eerste saak vandag in hof vir saakbestuur

Menzies Aviation se hofaansoek van verlede jaar, waar hy regter Eileen Rakow vra vir die ter syde stelling van die tender toekenning vir grond- en vraghantering by Hosea Kutako Internasionale Lughawe, kom vanoggend voor die saakbestuur. Die eerste respondente in die saak, die Namibiese Lughawensmaatskappy, het vir die saakbestuur-konferensie aangevra. Intussen het Paragon Aviation te […]

Read More

SA het voëlgriep in vyf provinsies

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling sê die land sukkel tans in vyf provinsies met uitbrekings van die 50 H7- en tien H5- voëlgriep-stamme. Die Wes-Kaap het die meeste H5-uitbrekings terwyl daar in Gauteng 37 gevalle van die H7-stam is. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê as deel van die pogings om […]

Read More

Texas steier onder toestroming van migrante

Meer as 2 000 mense per dag wat asiel soek, stroom oor die grens na die Texas-stad, El Paso, en dienste is oorweldig. Die groot getal migrante het ʼn nuwe vlaag politieke aanvalle op Amerika se president Joe Biden ontketen. Die instroming het ook die stad Eagle Pass op Texas se grens getref waar meer […]

Read More

Donald sê Ryderbeker gaan moeilik wees om in te palm

Span Europa se kaptein, Luke Donald, sê hulle besef hoe moeilik dit gaan wees om die Ryderbeker te wen, veral na hulle teleurstellende nederlaag in 2021. Europa begin die 44ste weergawe van die tweejaarlikse wedstryd wat Vrydag in Rome begin, met 2021 se rekord-nederlaag van 19-9 teen Amerika by Whistling Straits, nog vars in die […]

Read More

Meer moet gedoen word teen veldbrande – AgriSA

AgriSA sê boere het tussen Augustus en vandeesmaand minstens 1 miljard Suid-Afrikaanse rand aan gewasse en lewende hawe verloor in die verwoestende brande in dele van die Noord-Kaap, Vrystaat, Noordwes en Limpopo. Minstens 1,2 miljoen hektaar grond is geraak deur die voortslepende veldbrande in dié provinsies. AgriSA se uitvoerende hoof, Christo van der Rheede, sê […]

Read More

Namibië vaar goed in oorgrenshandel

Namibië is een posisie op in die Standard Bank Afrika-handelsbarometer indeks. The Brief berig die land was verlede jaar derde en is vanjaar tweede geplaas. Die indeks kyk na 10 lande – Angola, Ghana, Kenia, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda en Zambië. Luidens vanjaar se verslag is wisselkoers wisselvalligheid, volgehoue verswakking in plaaslike geldeenhede en […]

Read More