Grizzlybere sal na jare se debat weer in die staat van Washington in die VSA vrygelaat word

Die ingewikkelde proses vereis die vang, vervoer en verskuiwing van bere per helikopter vanaf Montana of British Columbia, na Washington

Grizzlybere sal weer in die Washington-staat se noord Cascades-bergreeks ingebring word, volgens die Amerikaanse federale regering, na ‘n besluit wat gevolg het op jare se bitter verdeelde debat. Dit kan nog baie jare duur voordat die bere in die afgeleë landskap sal hervestig word, aangesien dit ‘n baie ingewikkelde proses is om die bere te vang en te vervoer.

Die Nasionale Parkdiens en die Amerikaanse Vis- en Natuurlewediens het aangekondig dat hulle hoop om ‘n “stigterbevolking” van 25 bere oor die volgende vyf tot 10 jaar te kan op bou. Die skuif sou ‘n sleutelspesie na die noord Cascades herstel, wat een van die bes beskermde landskappe in die VSA is. Grizzlies was eens in die hele streek te vinde, maar duisende is vir hul pelse gejag. Die bere is volgens die Nasionale Parkdiens sedert 1996 nie meer daar opgemerk nie.

Die twee agentskappe beplan om elke jaar drie tot sewe bere vry te laat. Die doelwit is ‘n bevolking van 200 bere binne 60 tot 100 jaar.

Foto verskaf: Juan Giribet / VWPics via AP Images