Krieketrade in Engeland en Wallis stel reguleerder aan

Engeland en Wallis se Krieketraad sê hy gaan ʼn onafhanklike reguleerder aanstel om kwessies soos diskriminasie, korrupsie, dwelms, wangedrag en veiligheid te hanteer. Die onafhanklike kommissie vir gelykheid in krieket het in Junie aangekondig daar is wydverspreide en diepliggende rassisme, seksisme, elitisme en klassisme in die sport in Engeland en Wallis. Richard Thompson van die Krieketraad sê hulle aanvaar die meeste van die verslag se 44 aanbevelings. Hy sê die verslag was ʼn groot oomblik vir die sport en ʼn verantwoordelikheid wat hulle baie ernstig opneem.