World Central Kitchen hervat voedselhulp in Gaza

Die World Central Kitchen sê hy gaan voedselverspreiding in Gaza hervat omdat die humanitêre situasie haglik bly. Die organisasie het sy bedrywighede vroeër die maand gestaak nadat sewe van sy werkers dood is toe hulle konvooi deur ʼn Israelse hommeltuig aangeval is. Die World Central Kitchen sê hy het 276 vragmotors met 8 miljoen maaltye gereed om die gebied deur die Rafah-kruising binne te gaan. Hy voeg by sy werk in Gaza het die meeste lewens gered in sy 14-jarige bestaan.