Jerry het ‘n reg om te vra oor sy wetsontwerp

Swapo parlementslid Jerry Ekandjo was verlede week woedend in die Nasionale Vergadering omdat hy nog nie terugvoering van president Nangolo Mbumba gekry het oor sy twee private lede-wetsontwerpe nie. Die Nasionale Vergadering het die wetsontwerpe goedgekeur om die term “eggenoot” te definieer en die Huwelikswet van 1961 te wysig. Dit sal die erkenning van selfdegeslag-huwelike in Namibië blokkeer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, oor of die president homself oor die omstrede wetsontwerpe gaan uitspreek.