Komissie appelleer volgende week teen Zuma se kandidatuur

Die Konstitusionele Hof hoor op 10 Mei die Verkiesingskommissie se appèl aan teen die besluit dat oudpresident Jacob Zuma in die verkiesing mag staan. Die OVK appelleer teen die Verkiesingshof se beslissing dat Zuma geregtig is om te staan omdat hy nie kon appelleer teen die Konstitusionele hof se vonnis van 15 maande tronkstraf weens minagting van die hof nie. Die hof sê die OVK was verkeerd om Zuma van die stembrief te verwyder. Zuma en die MK-party moet môre dokumente indien om die OVK se appèl teen te staan.