Rooiwal-versuiweringstender sal ondersoek word – Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het ‘n proklamasie onderteken waarvolgens die buurland se Spesiale Ondersoekeenheid gemagtig word om ondersoek in te stel na die tender van 290 miljoen Suid-Afrikaanse rand, wat toegeken is vir die opknapping van die Rooiwal-afvalwatersuiweringsaanleg in Tshwane. Die multimiljoen rand-tender word met die omstrede sakeman Edwin Sodi verbind. Die eenheid se woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê benewens die ondersoek na wanadministrasie, wanpraktyke, korrupsie en bedrog, sal hulle ook stelselfoute identifiseer en sistemiese aanbevelings maak vir beter maatreëls om toekomstige verliese te voorkom: