Keniane se gratis Netflix groet

Netflix het aangekondig sy gratis mobiele plan in Kenia word op die eerste van volgende maand gestaak. Die stap volg ná ‘n twee-jaar-lange toetslopie wat gebruikers toegelaat het om gratis toegang tot van die stromingsdiens se programme en rolprente te kry. Netflix beoog om nuwe intekenare uit Afrika te lok deur meer Afrika-inhoud aan te bied. Al eindig die gratis […]

Read More

Putin skaar hom (effe) by Palestina

Russiese president Vladimir Putin het Washington daarvan beskuldig dat hy ‘n pro-Israel-beleid teen die belange van Palestina volg. Hy sê dat die konflik ‘n duidelike voorbeeld is van die mislukking van Amerikaanse beleid in die Midde-Ooste. Hy sê Washington het probeer om die konflik te reguleer, maar het nooit gepoog om kompromieë te vind wat vir beide kante aanvaarbaar is nie. Die Amerikaners het […]

Read More

Proteas berei voor vir Aussie-wedstryd môre

Die Proteas berei voor om Australië môre in Lucknow, Indië,  in hulle tweede Wêreldbekerwedstryd te pak. Suid-Afrika het die toernooi goed afgeskop met ‘n oortuigende oorwinning oor Sri Lanka toe hy die hoogste totaal ooit in ‘n Wêreldbekertoernooi aangeteken het. Aiden Markram het ook die vinnigste Wêreldbeker-honderdtal gemoker. Die Proteas het die Aussies in hulle […]

Read More

Hoekom bedank so baie hoofde van staatsinstellings?

Die buurland se energieminister, Gwede Mantashe, sê ondersoek moet ingestel word na die talle bedankings deur uitvoerende hoofde van staatsbeheerde ondernemings. Transnet se hoof, Portia Derby en Transnet Freight Rail se hoof, Siza Mzimela, het albei onlangs binne ʼn week bedank. Eskom se raadsvoorsitter, Mpho Makwana, se bedanking is Maandagaand aangekondig. Mantashe sê dié saak sal bespreek word wanneer die kabinet vergader: 

Read More

Datakoste moet plaaslik daal

Die Namibiese ministerie van inligting het kommer uitgespreek oor die land se relatiewe hoë datakoste in vergelyking met ander Suider-Afrikalande. Uitvoerende direkteur Audrin Mathe het op die sewende Nasionale Inligtings- en Kommunikasietegnologie-beraad gesê die verhoogde pryse belemmer ekonomiese groei. Hy beklemtoon die noodsaaklikheid dat operateurs infrastruktuur moet deel om datadienste meer bekostigbaar te maak. Mathe het die afgevaardigdes aangemoedig om strategieë te […]

Read More

Angola vertraag verwydering van brandstofsubsidies

Angola gaan die verwydering van brandstofsubsidies vertraag om ‘n herhaling van betogings in Junie te vermy oor ‘n byna verdubbeling in petrolpryse waarin minstens vyf mense dood is. Die buurland se regering het beplan om alle subsidies teen 2025 te verwyder. Angola het in 2022 rondom 2,3 miljard Amerikaanse dollar aan brandstofsubsidies bestee, meer as 40 persent as wat hy aan […]

Read More

Israel oortree internasionale wette

Die Verenigde Nasies waarsku oor ‘n dreigende humanitêre krisis in Gaza terwyl gevegte tussen Israel en Hamas steeds uitkring. Volgens die VN is minstens 200-duisend van die 2,2-miljoen inwoners sonder heenkome na hulle uit hulle huise gevlug het. Die VN se humanitêre koördineerder, Lynn Hastings, sê Israelse owerhede het die watertoevoer na Gaza afgesny wat die beskikbaarheid […]

Read More

Hamilton beboet met N$1m

Mercedes se Britse renjaer, Lewis Hamilton, is met ‘n miljoen Namibiese dollar beboet omdat hy ‘n renbaan oorgesteek het tydens die naweek se Formule Een Grand Prix in Katar. Die helfte van die boete is vir die res van die seisoen opgeskort. Die sewemalige wêreldkampioen het vroeg uitgetree nadat hy en sy spanmaat, George Russell, gebots het, waarna hy […]

Read More

NEFF sê (uiteindelik) Amushelelo moet vrygelaat word

Die omstrede NEFF-lid en arbeidsaktivis Michael Amushelelo se saak in verband met die mislukte werkloosheidsoptog op 21 Maart vanjaar, kom weer vandag in die Katutura-landdroshof voor. Daar is deur sy vrou Julieta, en sy party, ‘n beroep op ondersteuners gedoen om by die hof te betoog vir borg vir Amushelelo. Hy word sedert Onafhanklikheidsdag aangehou […]

Read More

Ekonoom sê oor skerp styging in kospryse

Voedselpryse het skerp gestyg in September en dryf die hoër inflasiesyfer van 5,4 persent aan, volgens die Namibiese Statistieke-agentskap. Vis is op met 16,9 persent en groente het met 16,4 persent gestyg. Brood en grane het met 9,9 persent gestyg, terwyl suiwel en eiers 7,9 persent duurder is en vleis, 7,7 persent. Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More