Muurbal: So lyk sake na dag een

Die Visions Consulting Squash-toetsreeks het Maandag by Wanderer’s Muurbalklub in Windhoek begin en kom môre tot ‘n einde. Spanne van Namibië, Suid-Afrika en Zambië gaan deelneem asook ‘n Barbarians span, na Zimbabwe onttrek het. Na dag een is Namibië en Suid-Afrika gelykop in die mansafdeling met 19 punte elk terwyl die Barbarians op 5 punte staan en Zambië op 3. Vir die dames loop Suid-Afrika voor met 20 punte, Zambië is tweede met 5 punte en Namibië op nul.