Indië sit sy segetog teen Pakistan voort

Jasprit Bumrah en Kuldeep Yadav se boulwerk het gelei tot ‘n verstommende ineenstorting deur Pakistan, met die twee wat vier paaltjies in Ahmedabad gedeel het in Indië se oorwinning teen sy aartsmededinger by die Wêreldbeker. Die sewe paaltje-oorwinning voor ‘n skare van meer as 100-duisend is Indië se agtste agtereenvolgende Wêreldbeker-triomf teen Pakistan. Die segetog […]

Read More

Israel het verantwoordelikheid om dienste aan Gaza te lewer – Geingob

President Hage Geingob het ‘n beroep op Israel en Palestina, insluitend Hamas, gedoen om af te sien van enige gruweldade wat burgerlikes teiken. Geingob vra ook dat gyselaars vrygelaat word ingevolge internasionale reg. Hy is bekommerd oor die humanitêre situasie in die noorde van Gaza ná dodelike aanvalle deur die Israeliese weermag op onskuldige burgerlikes. […]

Read More

Mashatile waarsku oor onherroeplike veranderings in motorbedryf

Die adjunk-president Paul Mashatile waarsku groot veranderings is op pad vir die motorbedryf. Hy het by die jaarlikse Suid-Afrikaanse Motorweek by Gallagher Estate in Midrand belanghebbendes in die bedryf aangemoedig om beleidsrigtings te sien kom wat die oorgang na ‘n toekoms van elektriese voertuie gaan bepaal. Mashatile het die behoefte beklemtoon vir Suid-Afrika om aan […]

Read More

Kommer oor Russiese lasbriewe vir ICC-regters

Die Verenigde Nasies is diep bekommerd oor die onlangse uitreiking van lasbriewe vir die inhegtenisneming van senior regters van die Internasionale Strafreghof deur die Russiese Federasie. Dit volg op vroeëre lasbriewe teen die hof se aanklaer en vooraf-verhoorregters wat by die situasie in Oekraïne betrokke is. Die woordvoerder van die VN se hoë-kommissaris vir Menseregte, […]

Read More

NLU-braaikompetisie was reuse-sukses, al het die nagereg gebrand

Duidelik was die 2023 NLU Agri-braaikompetisie nie net pret nie, maar ‘n reuse sukses. Kalkrand Boerevereniging het die geleentheid verlede jaar gewen en dit op Mariental aangebied, wat ‘n reuse-onderneming was. Omuramba het weggestap met die louere sal dit volgende jaar aanbied. Victor Boshoff van die Kalkrand Boerevereniging het met Jean-Louis Knouwds van Kosmos 94.1 […]

Read More

Rentekoerse speel wel ‘n rol in gedempte voertuigverkope

‘n Totaal van slegs 1 054 nuwe voertuie is in September verkoop, wat minder is as die gemiddelde oor die afgelope ses maande. Dit was die derde maand in ‘n ry wat die vraag afgeneem het, met 3,7 persent vanaf Augustus. Vergeleke met September 2022, egter, het verkope met 3,5 persent toegeneem. Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Langer vonnisse lei tot oorbevolking in SA-tronke

Die nasionale kommissaris  van Korrektiewe Dienste in Suid-Afrika, Makgothi Thobakgale, het die kwessie van oorvol tronke in die buurland beklemtoon en skryf dit toe aan langer vonnisse wat aan oortreders opgelê word. Oorbevolking het in die laaste belastingjaar ‘n piek van 46 persent bereik met ‘n bevolking  van 157 000. Vyftien-duisend nie-gewelddadige oortreders is egter […]

Read More

Israel berei voor vir lug-, grond- en see-aanval op Gaza

Israeliese troepe begin om voor te berei vir ‘n grondaanval op die Hamas-beheerde Gaza-strook en weermagleiers wat sê hulle sal te voet, vanuit die lug en vanaf die see die strook aanval. Israel het belowe om die militante groep Hamas tot niet te maak as weerwraak vir sy aanval op Israel verlede week Saterdag. Intussen […]

Read More

Wêreldbeker: Ierland, Wallis gaan huis toe

Ierland is uit die Wêreldbeker na ‘n kwarteindronde-nederlaag van 28-24 teen Nieu-Zeeland in Stade de France. Na ‘n opwindende kragmeting is die All Blacks deur na die laaste vier vir ‘n ontmoeting Vrydag met Argentinië. Wallis is vroeër gister deur Argentinië uitgeskakel wat hulle met 29-17 geklop het. Die Suid-Afrikaanse skeidsregter, Jaco Peyper, was verplig […]

Read More

Nampol is bewus van gevaar-uitdagings in skole

Oproepe word deur ouers en gemeenskappe gedoen om veiligheid in skole te verseker, aangesien sommige leerlinge die ander, sowel as onderwysers, treiter. Ouers het die onderwysdirekteur van die Khomas-streek gevra om in te gryp by ‘n sekere hoërskool waar swak gedissiplineerde kinders die leerproses bemoeilik. Die ouers beweer hul kinders voel nie meer veilig nie, […]

Read More