Rentekoerse speel wel ‘n rol in gedempte voertuigverkope

‘n Totaal van slegs 1 054 nuwe voertuie is in September verkoop, wat minder is as die gemiddelde oor die afgelope ses maande. Dit was die derde maand in ‘n ry wat die vraag afgeneem het, met 3,7 persent vanaf Augustus. Vergeleke met September 2022, egter, het verkope met 3,5 persent toegeneem. Kosmos 94.1 Nuus het by dr. Omu Kakujaha-Matundu van die Departement Ekonomie by die Universiteit van Namibië uitgevind of die hoë repokoers verbruikers afskrik om voertuigfinansiering te soek.