Vloei by Ruacana neem af

Die vlakke van die Zambezi-riviervlak by Katima Mulilo is tans op 1,55 meter, baie laer as die 4,85 meter wat die tyd verlede jaar aangeteken is. By Rundu is die Okavango-rivier op 5,53 meter, wat goed vergelyk met die 5,73 meter van verlede jaar. Vloei in die Kunene-rivier by Ruacana neem steeds af met 251,23 kubieke meter per sekonde wat aangeteken is. Verlede jaar was die vloei op 283,6. Die vlakke by Blouputs en Sendelingsdrif aan die Benede Oranje is ook laag en is op 0,64 meter en 0,66 meter aangeteken.