IPC teiken werklose jeug met bemagtigingsfonds

Die leier van die IPC, Panduleni Itula, het op sy sosiale media-bladsye gedeel dat IPC, as ‘n verbintenis tot die jeug in Namibië, ‘n bemagtigingsfonds vir jong entrepreneurs sal stig wat die Nsfaf weerspieël, maar pasgemaak is vir entrepreneurs. Kosmos 94.1 Nuus het met die party se woordvoerder, Imms Nashinge gepraat, wat sê as deel […]

Read More

Staak fopnuus oor krisis in Israel, sê Joodse Raad

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes het die Departement van Internasionale Betrekkinge gekritiseer oor sy reaksie op die krisis in Israel. Die departement word beskuldig dat hy geen empatie toon oor die tragiese lewensverlies onder Israeliese burgers nie, terwyl daar wydverspreide internasionale veroordeling van Hamas is, en omdat hy ongegronde beskuldigings deur terreurgroepe herhaal. Die […]

Read More

Afrika Ontwikkelingsbank ondersteun regering in watersektor-ingrypings

Die Ontwikkelingsbank van Afrika is daartoe verbind om die Namibiese regering te ondersteun in toekomstige ingrypings in die watersektor, sê die bank se senior water- en sanitasie-ingenieur, Herbert Chinokoro. Hy sê die ondersteuning sal die regering help om toegang tot water en sanitasiedienste vir 100 persent van die bevolking te verhoog. Dit sal ook “voldoende […]

Read More

Myne in Erongo-streek kom onder staande komitee se vergrootglas

Die Parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne se subkomitee oor myne en energie besoek mynmaatskappye in die Erongo-streek op ‘n vertroudheidsbesoek vanaf 9 tot 13 Oktober. Die doel van die besoek is om vas te stel of mynmaatskappye aan arbeids- en omgewingswette voldoen. Die komitee stel verder daarin belang om die regering se aandeelhouding in […]

Read More

Ondersoek opgeblase salaris van parlement-sekretaris dringend: DA

Die DA vra ‘n dringende ondersoek na die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos Masondo. Dit volg op bewerings oor die salaris van die sekretaris van die parlement, Xolile George. Die Sunday Times berig George verdien ‘n opgeblase jaarlikse salaris van 4,4 miljoen Suid-Afrikaanse […]

Read More

Israel teiken vlugtelingkamp terwyl weermag-reserwes saamtrek

Gesondheidsbeamptes in Gasa het bevestig talle Palestyne is dood in Israeliese lugaanvalle op die Jabalia-vlugtelingkamp. Die voortslepende konflik het nou meer as 120 000 Palestyne ontwortel. Die jongste dodetal staan op 510 Palestyne in Gasa en meer as 800 Israeli’s. Berigte dui aan ongeveer 100 000 Israeliese weermag-reserwe-soldate het naby Gasa byeengekom. Intussen beweer Palestynse […]

Read More

Gesondheidsministerie hou Covid-verwikkelinge fyn dop

Aansteking met ‘n nuwe variant van Covid-19 is steeds besig om toe te neem in die VSA en Europa, en lede van die publiek wil weet of hulle vir versterking-spuite moet gaan. Die Adjunk Uitvoerende Direkteur van die gesondheids-ministerie, Petronella Masabane, het vroeër gesê hulle het net J&J spuite beskikbaar en mense is aangeraai om […]

Read More

Brave Gladiators soek punte teen Zimbabwe

Die Brave Gladiators, Namibië se nasionale vroue-sokkerspan, speel vandag hul tweede wedstryd by die Cosafa vroue-kampioenskap in Gauteng teen Zimbabwe. Die Gladiators het Vrydag 1-1 gelykop gespeel teen Botswana se Mares, wat een van die gunstelinge is om die toernooi te wen. ‘n Oorwinning vandag sal die Gladiators se posisie versterk om die semi-finale te […]

Read More

Watersekerheid op voorgrond by werkswinkel

Die Ministerie van Water, die Stad Windhoek, die Namibië Waterkorporasie en ander bied tans ‘n tweedaagse nasionale werkswinkel oor watersekerheid en klimaatsverandering in Windhoek aan. Die werkswinkel bring belanghebbendes byeen om vordering wat gemaak is in waterhulpbron-ontwikkeling en -bestuur vir watersekerheid te midde van klimaatsverandering krities te evalueer. Die werkswinkel dien ook as ‘n kennis-uitruilplatform […]

Read More

Agribank-lenings aansienlik hoër as in 2022

Agribank se bemarkingsbestuurder, Rino Muranda, sê die bank se leningsuitbetalings in 2023 is aansienlik hoër vergeleke met die vorige jaar. Gedurende die boekjaar wat op 31 Maart geëindig het, het 564 kliënte by die bank se lenings baat gevind, teenoor 440 kliënte die vorige jaar. Grondaankope oorheers steeds die leningstoekennings en het 98,2 miljoen Namibiese […]

Read More