Mutorwa waarsku oor droogtehulp-korrupsie

Die adjunk-eerste minister, John Mutorwa, doen ‘n beroep op individue wat betrokke is by voedsel vir droogtehulp om regverdig te wees en die regte besluite te neem. Dit kom na verskeie streke bewerings van korrupsie in die verspreiding van die kos aangemeld het. Hy het in die Oshikoto-streek gepraat en sê korrupte aktiwiteite is ook daar waargeneem en het melding gemaak van die diefstal van die kos op Eenhana. Hy het ‘n waarskuwing aan betrokkenes gerig maar ook bepleit dat mense die regte ding doen.