Nie een LP of party sê iets oor LGBT-moorde nie

Die stigter van Equal Rights Namibia, Omar van Reenen, het sy teleurstelling uitgespreek oor die stilte van wetgewes na die dood va ndie 30-jarige Christof Fredricks, ‘n transgender-vrou in die hoofstad. Van Reenen sê nie een LP of politieke party het ‘n verklaring uitgereik wat die sesde moord van ‘n lid van die LGBT-gemeenskap, of die toename in haatmisdade en aanhitsing van geweld, veroordeel nie. Hy sêvergeet die regerende party, die opposisie het geen ruggraat getoon nie. In sy mening is die sogenaamde jeugdige politici ook nie ‘n alternatief nie. Hy sê hulle sal eerder lag vir Jerry Ekandjo se gevaarlike retoriek in plaas daarvan om die moorde op die mense wat hulle dien te veroordeel.