Wêreldbeker: Ierland, Wallis gaan huis toe

Ierland is uit die Wêreldbeker na ‘n kwarteindronde-nederlaag van 28-24 teen Nieu-Zeeland in Stade de France. Na ‘n opwindende kragmeting is die All Blacks deur na die laaste vier vir ‘n ontmoeting Vrydag met Argentinië. Wallis is vroeër gister deur Argentinië uitgeskakel wat hulle met 29-17 geklop het. Die Suid-Afrikaanse skeidsregter, Jaco Peyper, was verplig om vroeg in die wedstryd die veld weens ‘n besering te verlaat. Hy is deur Karl Dickson van Engeland vervang. ‘n Lang dag wag op Springbok-ondersteuners vandag terwyl hulle die ure na vanaand se uitklopkragmeting teen Frankryk aftel. In vandag se vroeër wedstryd kom Engeland teen Fidji te staan om te bepaal wie deurgaan.