Langer vonnisse lei tot oorbevolking in SA-tronke

Die nasionale kommissaris  van Korrektiewe Dienste in Suid-Afrika, Makgothi Thobakgale, het die kwessie van oorvol tronke in die buurland beklemtoon en skryf dit toe aan langer vonnisse wat aan oortreders opgelê word. Oorbevolking het in die laaste belastingjaar ‘n piek van 46 persent bereik met ‘n bevolking  van 157 000. Vyftien-duisend nie-gewelddadige oortreders is egter vrygelaat na presidensiële kwytskelding in Augustus. Thobakgale het sy kommer uitgespreek dat die verlenging van vonnisse die moontlikheid van parool verhinder en daartoe bydra dat tronkbevolkings staties bly of vermeerder. ‘n Groot aantal verhoorafwagtendes, hoofsaaklik in Gauteng en die Wes-Kaap, vererger die situasie.