Israel berei voor vir lug-, grond- en see-aanval op Gaza

Israeliese troepe begin om voor te berei vir ‘n grondaanval op die Hamas-beheerde Gaza-strook en weermagleiers wat sê hulle sal te voet, vanuit die lug en vanaf die see die strook aanval. Israel het belowe om die militante groep Hamas tot niet te maak as weerwraak vir sy aanval op Israel verlede week Saterdag. Intussen vlug Palestynse burgerlikes steeds na die suide van die strook, soos beopdrag deur Israel. Hy het onderneem om twee roetes veilig te hou tot Saterdagmiddag vyf-uur, Namibiese tyd. Israeliese premier Benjamin Netanyahu se regering het ook die Libanese militante groep Hezbollah aangesê om nie ‘n oorlog op ‘n tweede front te begin nie, en dreig met die vernietiging van Libanon as dit sou gebeur.