Kommer oor Russiese lasbriewe vir ICC-regters

Die Verenigde Nasies is diep bekommerd oor die onlangse uitreiking van lasbriewe vir die inhegtenisneming van senior regters van die Internasionale Strafreghof deur die Russiese Federasie. Dit volg op vroeëre lasbriewe teen die hof se aanklaer en vooraf-verhoorregters wat by die situasie in Oekraïne betrokke is. Die woordvoerder van die VN se hoë-kommissaris vir Menseregte, Ravina Shamdasani, sê die optrede is onaanvaarbaar en sy eis die onmiddellike ontrekking daarvan. Sy voeg by die Internasionale Strafreg-hof se werk is aanvullend tot die nasionale howe se stryd teen misdaad.