Indië sit sy segetog teen Pakistan voort

Jasprit Bumrah en Kuldeep Yadav se boulwerk het gelei tot ‘n verstommende ineenstorting deur Pakistan, met die twee wat vier paaltjies in Ahmedabad gedeel het in Indië se oorwinning teen sy aartsmededinger by die Wêreldbeker. Die sewe paaltje-oorwinning voor ‘n skare van meer as 100-duisend is Indië se agtste agtereenvolgende Wêreldbeker-triomf teen Pakistan. Die segetog het in 1992 begin. In vandag se wedstryd pak Engeland Afghanistan in Delhi, terwyl die Proteas se volgende wedstryd Dinsdag teen Nederland in Daramshala plaasvind.