Israel het verantwoordelikheid om dienste aan Gaza te lewer – Geingob

President Hage Geingob het ‘n beroep op Israel en Palestina, insluitend Hamas, gedoen om af te sien van enige gruweldade wat burgerlikes teiken. Geingob vra ook dat gyselaars vrygelaat word ingevolge internasionale reg. Hy is bekommerd oor die humanitêre situasie in die noorde van Gaza ná dodelike aanvalle deur die Israeliese weermag op onskuldige burgerlikes. Hy voeg by die besluit en bevel deur die regering van Israel vir die mense van die noorde van Gaza om hul huise en lewensbestaan binne 24 uur te verlaat, is onmenslik en dit kom neer op volksmoord. Hy sê verder dat Israel as ‘n besettingsmoondheid ‘n verpligting het om te verseker dat die mense van Gaza toegang tot water, elektrisiteit, kos en medisyne het. Hy vra vir ‘n onmiddellike wapenstilstand en doen ‘n beroep op alle partye om terug te keer na die onderhandelingstafel en om die morele pad van ‘n tweestaat-oplossing te volg.