Nampol is bewus van gevaar-uitdagings in skole

Oproepe word deur ouers en gemeenskappe gedoen om veiligheid in skole te verseker, aangesien sommige leerlinge die ander, sowel as onderwysers, treiter. Ouers het die onderwysdirekteur van die Khomas-streek gevra om in te gryp by ‘n sekere hoërskool waar swak gedissiplineerde kinders die leerproses bemoeilik. Die ouers beweer hul kinders voel nie meer veilig nie, aangesien leerlinge onderwysers minag en selfs in die klas voor onderwysers baklei. Kosmos 94.1 Nuus het met Raimbert Muronga, inspekteur van mediaskakeling by Nampol, gesels wat sê hierdie tipe voorvalle is algemeen.